Ek is stubborn, opinionated, te vinning uit die blokke en hopeloos te rusteloos om iewers nes te skrop. My vriendekring is klein, maar nie wierook of edelgesteentes hou kersvas by hulle waarde nie.
Ek weet hulle het my lief, stubborness en al, maar ek is ook onder geen illusie dat ek hulle meeste dae teen die muur uit dryf nie. Elke dag is n nuwe uitdaging want elke dag is ek op n ander trant. So n bietjie soos n tolbossie op n winderige Karoo dag. Dan hier dan daar… En soos die wind die tolbossie vang en gooi en neerle en optel so doen my kop met my eie gedagtes. Elke dag n nuwe idee of ding om te doen, of te leer of te probeer. Tot groot frustrasie en soms uiterste vermaak van die mense rondom my.
Vandag is weer so n dag, ek tol en tol al om die gedagte van ons menslike bestaan. Dan sit ek en mediteer oor die verskil tussen bewustelik en onbewustelik, of soos hulle in Engels se: the Conscious and the Subconscious, en die rol van elk. Dan staan ek en redeneer met my en myself oor of elke mens n spesiale gawe het, gebore of geleer en hoekom party dit al vroeg vroeg in die lewe vind terwyl ander nooit die kans kry om dit uit te leef nie. En as ek moeg gesit en gestaan is dan hol ek soos n vlakhaas om my eie gedagtes te vang. Hulle is hoeka vinniger as ek.
En net sodra ek dink ekt een gevang, dan tart n ander my. Eks soos n kind in n candy store, besluiteloos oor watter een ek moet vat en watter een ek moet los. En ek vermoed dis hierdie besluiteloosheid wat my vriende op gehad het. Maar ek vermoed ook dis hierdie einste besluiteloosheid van my wat hulle geinspireer het tot die gedagte wat evensieel my voete sou anker en my lewe rigting sou gee. Hoe dit gekom het was so n bietjie ironies, hoe dit gebly het was Divine Intervention.
Die idee was eintlik so eenvoudig. n Challenge. Want hulle het geweet eks n sucker vir enige uitdaging wat my kant toe kom. Meer nog hulle het gebargain op die feit dat ek dit haat om te verloor, dat ek onnodig kompiterend is en dat ek sal aanhou en aanhou en aanhou…. en aanhou.
So sit ons een aand om die vuur, sekelhout kole rooiwarm, lamstjoppie mooi bruin en my braai broodtjie bros aan die buite kant met kaas wat so amper amper al perfek gesmelt is. Ek is net besig om die broodtjie so een laaste draai te gee toe die gesprek net so plomps ophou. En ek hoor maar hoor ook nie regtig dat als stil geword het nie. Ek voel dit meer. Soos wanneer mens dink iemand loer jou af. Of kyk vir jou want jy het sous orals oor jou gesiggie. Dit praat met jou binnekant. En toe ek opkyk, kyk 3 pare oe terug na my met soveel verwagting in elk van hulle dat ek amper verplig voel om ja te se, want dit voel so half asof dit die regte ding is om te se. Maar ek chicken uit en gee toe maar so n kopskud, wat ek hoop nie heeltemal erkennend of ontkennend was nie, eerder een oop vir intrepertasie.
Natuurlik was dit nie die reaksie wat die klomp wou he nie, want sonder skroom wys hulle hulle misnoeee met my half poging tot commitment. Wetend wanneer ek die wit vlag moet hys, hys ek toe nou maar die vlaggie en vrag gedwee dat hulle moet herhaal wat dit was wat hulle so eens oor is. Soos ek nou die storie hier oorvertel mag ek dalk nie woord vir woord mooi onthou wat hulle als gese het nie, maar dit was ietsie soos die:
“Ons het nou so n bietjie gedink. En ons weet hoe baie jy van die bos hou, en van grondpaaie ry en van fotos neem. Jy is immers n professionele fotograaf. En ons weet jy mis die dae toe jy jou eie restaurant gehad het waar jy elke dag nuwe idees of resepte kom uit toets. Ons weet ook dat alhoewel jy dit nie mis om n natuurgids te wees nie, mis jy die wilde diere van Afrika. Jy mis jou olifante en doringbome en om sommer net in die veld te stap om ietsie nuuts te ontdek.
Ons ken jou ook goed genoeg om te weet jy is alweer rusteloos, en so gelukkig soos wat jy in jou gallery is, jou gaai jeuk om iets van waarde te gaan doen.
So, in kort… Jy kort n nuwe belang of uitdaging. En ons voel dit ons plig om dit aan jou te voorsien”.
Op daai stadium was ek goed gelowig onder die indruk dat hierdie amazing vriende kring van my regtig my belange op die hart dra en my wil help, maar met n terug blik kan ek nie help om te wonder of hulle dit vir my of vir hulle gedoen het nie. Hoe dit ookal sy, soos hulle se: Die koeeel was deur die kerk met die volgende woorde:
“Ons het gelees van n eiland net daar duskant jou waar hulle onlangs ou olifant geraamtes gekry het. Dink jy jy het wat dit vat om soontoe te roei en te gaan ondersoek instel”.
En dit is hoe dit als begin het.
Daai nag het my kop getol om en om my geliefde olifante. En ek het geweet, kom wat wil maar ek wil weet van hierdie besondere diere se eens bestaan hier in die Wes Kaap.